Popia wetgewing

PELLISSIER GEMEENTE POPIA NAKOMING
Die Protection of Personnal Information act (POPIA) is in November 2013 onderteken en gedeeltes het in werking getree in April 2014. Die res van die regulasies het op 1 Julie 2020 in werking getree en instansies (insluitend kerke) moes vanaf 30 Junie 2021 aan alle wetlike vereistes voldoen.
Volgens Artikel 14 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, moet daar voorsiening gemaak word vir elke persoon se reg op privaatheid. Die reg op privaatheid sluit dus ook die reg op die beskerming teen onregmatige verwerking van persoonlike inligting in, o.a. die insameling, berging, verspreiding en gebruik van persoonlike inligting.
Die doel vir die versameling en verwerking van persoonlike inligting deur Pellissier gemeente is om gereelde kommunikasie met ons lidmate moontlik te maak, om kontak met ons kerkaktiwiteit deelnemers te bewerkstellig en maatskaplike en terapeutiese dienste te verskaf op versoek. Daarom is dit noodsaaklik dat daar ‘n proses van veilige en verantwoordbare instandhouding van data moet wees.
Artikel 28 van die wet gee spesifiek vir kerke die toestemming om datasubjekte (lidmate) se inligting te mag versamel en te bewaar. Pellissier gemeente sal slegs die minimum inligting wat benodig word insamel. Hierdie inligting sal beperk word tot die minimum persoonlike inligting, kerklike inligting, en waar nodig finansiële inligting.
Hierdie inligting sal slegs aangewend word vir interne kommunikasie en funksionering van die gemeente, soos kommunikasie met gemeentelede oor kerklike aktiwiteite, registrasies vir aktiwiteite en funksies, administrasie van dope, belydenisafleggings en troues, sowel as ampswerk van die predikante, sinodale vereistes en maatskaplike sorg en terapie.
 Finansiële inligting (slegs waar van toepassing) sal gebruik word vir die doel van debietorders en maatskaplike sorg, en sal slegs beskikbaar gestel word aan die nodige finansiële en debietorder verwerkings instansies, asook vir die betrokke bedieninings-leier in die geval van maatskaplike sorg.
Gemeentelede kan op enige stadium hulle inligting bevestig, wysig of versoek dat hul geen verdere kommunikasie ontvang nie, deur die kerkkantoor te kontak by ngk@ngkerkpellissier.co.za.
Die POPIA inligtingsbeampte vir Pellissier gemeente is Deon Langenhoven. Hy kan gekontak word by tel 051 – 422 4010, of deon@ngkerkpellissier.co.za.
Pellissier gemeente se Privaatheidsbeleid en POPIA nakomingsplan is beskikbaar op versoek.