Ons Pellissier Span

Charles James

Leraar- Span leiding, Omgeegroepe, Leiers ontwikkeling.
Koördineer bedieningspan, Omgeegroepe en Lewensafrigting en ontwikkeling. Hy het 'n passie vir die groei van mense nader aan die Here en die opbou van 'n gemeente wat getuig van God se liefde en leiers wat in hul verhouding met God groei.

Francois Lamprecht

Leraar- Strategiese ontwikkeling en Jong bediening
Gemeente kultuur en rigting, leierskaps- ontwikkeling en jong bedienings. Hy ontwikkel en bestuur strategies die gemeente kultuur en toekoms visie. Hy bedien ook saam met groepe jong gelowiges om God se liefde tasbaar te maak vir volgende generasies.

Rikus Hattingh

Leraar- Kinder- en Getuienisbediening
Verantwoordelik vir alle fasette van die Kinderbedienings en getuienis bedienings asook gasvryheid en gebedsbediening. Hy bedien kinders met groot liefde om God se liefde in ons gemeente te ervaar en het 'n groot hart vir getuienis bedienings (Sending).

Nelmari Snyman

Leiers- Jeug en Sosiale Media Koördineerder
Bestuur bedieningsleiers ontwikkeling en koördineer kinder- en jeug bediening administrasie en kommunikasie.
Haar entoesiasme en omgee energie maak God se liefde tasbaar in ons gemeente.

Deon Langenhoven

Steundienste Leier
Bestuur van ondersteunings- en administratiewe funksies asook personeel aangeleenthede.
Koördineer ook die ondersteuningsbedienings en gee Lewensafrigting/ pastorale berading.
Hy is passievol oor hulp aan mense met geestelike, emosionele en materiële nood en om mense te bemagtig. Goeie dienslewering is vir hom en die kantoorpersoneel ‘n prioriteit.

Chaslee Barnard

Finansiële Beampte
Chaslee behartig die gemeente se finansiële rekordhouding en -verslaggewing. Gesels gerus met haar as jy navrae het oor die verskillende bydrae opsies. Haar sagte en professionele manier om mense te hanteer is baie spesiaal.

Sandra Swart

Sekretaresse
Sekretariële funksies, skakelpersoon vir siekebediening, werksgeleenthede, afkondigings en huweliksreëlings. Haar organisasie-vermoë is een van haar sterk punte. 

Zandra van Niekerk

Administratiewe Beampte
Administrasie van nuwe lidmate, doop en lidmaat registers en kategese indelings. Haar vriendelikheid en hulpvaardigheid is kosbaar. 

Johan van der walt

Fasiliteite Beampte - Weke
Koördineer lokaalbesprekings, oop en toesluit van lokale, reëlings vir die gebruik van die kerkterrein asook instandhouding van fasiliteite en die perseel. Sy energie en vermoë om dinge gedoen te kry is merkwaardig. 

Eugene wiesenaar

Fasiliteite Beampte - Naweke
Eugene is verantwoordelik vir die oop en toesluit van lokale oor naweke, en reëlings daaroor moet vooraf met hom vasgemaak word. Sy rustigheid en hulpvaardigheid is ‘n voorbeeld vir ons almal.

MARIA TONGOANE

Algemene Werker
Maria hou die kerk- en kerkkantoor vir ons skoon en netjies op haar stil manier, met 'n glimlag en bereidwilligheid. Sy bederf ook gereeld die personeel en besoekers met iets te drink. 

KENNETH SELLO

Algemene Werker
Kenneth is verantwoordelik vir ons tuine en help ook met die voorbereiding van lokale vir byeenkomste. Hy het ook 'n hart vir die verkondiging van God se Woord in Sotho deur middel van boodskappe wat opgeneem en versprei word. Sy vriendelikheid en entoesiasme is vir ons almal ‘n inspirasie!

Jo-retha Rossouw

Musiekleier
Musikale leiding, verwerking en opleiding van musiek spanne vir oggend eredienste. Jo-retha is 'n professionele musikant en een van die aangenaamste mense wat jy ooit sal ken!

Jonathan van eyssen

Tegnikus
Jonathan is verantwoordelik vir al die audio-visuele aspekte tydens eredienste en ander geleenthede van ons gemeente. Hy werk ook nou saam met al die persone wat by hierdie bediening betrokke is en is ook verantoordelik vir opleiding. Sy kennis en passie van die verskillende tegniese omgewings is vir ons onmisbaar.

Jo-retha Rossouw