Jonk Omgeegroepe / Kategese

As jy tussen graad 1 en 11 is wil jy in een van ons omgeegroepe wees vir kategese! Hierdie groepe is vol mense soos jy en hierdie mentors gee om vir jou! Kom stap 'n geloofspad saam met ander jongmense wat almal meer en meer na God soek.
KFC: (Gr. 1 tot 4)
Tydens eredienste by Pres. Brand Laerskool te Wag ‘n Bietjiebos laan. Rikus Hattingh - 084 620 6000

FXIT: (Gr. 5 & 6)
Tydens oggend eredienste by die kerkkerkkantoor in Kaapse Nooistraat 2.  Rikus Hattingh - 084 620 6000

OpPad (Graad 7 & 8):
Sondae 17:15 - 18:15 by die kerk.  Zandra van Niekerk - 084 300 3765

Jeug Omgee groepe: 
Sondae 17:15- 18:15 by die betrokke mentor se klas of huis. Zandra van Niekerk - 084 300 3765

Ons moedig jongmense sterk aan om die Jong Erediens 18:30 by die kerk by te woon. Die tema's en boodskappe sluit nou aan by die omgee groepe se materiaal.

Enige vrae?

As jy enige vrae oor die Jonk bediening het kontak Francois gerus.