Aan die hart van ons verhouding met Jesus is daar ritmes wat die lewe van God se kinders orden. Hierdie ritmes gee ons duidelike visie vir ons lewenspad, helderheid oor ons roeping en daaglikse kontak met God, waarsonder ons lewe saam met God leeg en doelloos word.

Kom reis gerus saam, kom vind jou ritme in pas met God se ritme.

Die Ritme reis optimaal wanneer dit deel word van jou daaglikse lewe. Dit hoef nie baie tyd op te neem nie, maar die uitnodiging om elke dag tyd daaraan af te staan, selfs as dit net 'n paar minute is, sal jou lewe as 'n kind van God vir altyd verander.

Hoe werk die Dieper Ritme reis?

Die Dieper Ritmes is 8 ritmes wat ons in Pellissier Gemeente reken is noodsaaklik vir jou om as 'n kind van God te groei en te leef. Deur die jaar word daar op een van die ritmes gefokus deur:
 - Ons eredienste en preke
 - Fokus reekse
 - Omgeegroep temas
 - Daaglikse Ritmes wat bestaan uit kort stilword materiaal wat jou help om daagliks tyd by God te spandeer.

Die Ritmes

Beelde van God

Hoe jy God sien en verstaan het ingrypende effekte op hoe jy Hom volg en dien. 'n Akkurate beeld van wie Hy regtig is lewens belangrik.

Ingeprop

Sonder gereelde tyd by God kan ons nie leef nie. Ons geestelike energie raak op. Daar is oneindige krag vir ons om daagliks by God te kry.

Die tafel

Die lewe saam met God is 'n lewe saam met ander mense vir wie God lief is. Ons kan nie sonder hulle reis nie en moet tyd maak vir gemeenskap.

Helende harte

'n Reis saam met God is 'n reis waarop ons heelword. God se pad met ons reis in en deur ons grootste seer om gesond daaruit te kom.

In stukke

Elkeen, en dit sluit jou in, is deel van God se groter prentjie. Hy het 'n plek in Sy huisgesin spesiaal net vir jou.

Ander skoene

Om saam met Jesus te reis moet ons gereeld skoene dra wat nie so gemaklik soos ons eie pas nie.

Downgrade

Ons reis neem ons nie altyd opwaarts nie. Soms moet ons downgrade om te kom waar Jesus graag wil wees.

24/7

Die lewe waarvoor God ons roep is nie 'n deeltydse pos nie. Dis elke oomblik van my lewe- elke dag.