Pellissier Gemeente

GR Nuusflitse Februarie 2026
GR Nuusflits Februarie 2026

“Beleef God”: Groei in ons belewenis van God se liefde

Dankie aan ons leraarspan wat aan die begin van 2026 aan ons verskeie geleenthede bied om oor ŉ tydperk van vyf weke (25 Januarie tot 28 Februarie), dieper in ons ervaring van God se liefde (kairos) te groei. Benewens die belewing en meelewing van God in die eredienste, omgeegroepe en Senior Bybelstudiegroepe, kan gemeentelede ook verder bewus word en fokus op God se teenwoordigheid deur die oordenkings in die “Daaglikse Ritmes” op die “Weeknuus” van ons Pellissier App te volg.

In die kern bestaansrede van Pellissier Gemeente: “Pellisier Gemeente bedien omgee, al kos dit ons, sodat almal God kan beleef op maniere wat ons laat groei”, reis ons nou verder oor die doel van ons bediening, naamlik om God steeds dieper te kan beleef. ŉ Kort opsomming van ons “Beleef God” padkaart vir die volgende vyf weke volg hier onder.

Week

Tema

Skrifgedeelte(s)

Kernvers

Oordink

1  (25–31 Jan.)

Die tyd het aangebreek (KAIROS)

Markus 1:14–15; Johannes 14:9

“Die tyd het aangebreek en die koninkryk van God het naby gekom.”

Jesus is nie net ŉ boodskapper van God nie – Hy openbaar God self. In Hom sien ons God se hart, heiligheid en liefde. Deur Jesus beweeg ons vehouding met God van afstand na nabyheid.

2
(1–7 Feb.)

Beleef God se genade

Lukas 7:36–50

“Haar baie sondes is vergewe, daarom het sy baie liefde betoon.”

Genade is nie iets wat ons verdien nie, maar iets wat ons ontvang. In Jesus wys God dat Hy na ons as sondaars uitreik met ontferming en liefde.

3
(8–14 Feb.)

Beleef God se krag

Handelinge 1:8

“Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.”

Die Heilige Gees woon in gelowiges en bevestig dat ons God se kinders is. God se krag word dikwels sigbaar wanneer ons swak is.

4 (15–21 Feb.)

Beleef God in die gewone lewe

Lukas 24:13–35

“Was ons hart nie brandend toe Hy met ons gepraat het nie?”

Wanneer ons leer om bewustelik te leef, om teenwoordig te wees, word die gewone heilig en word God se teenwoordigheid sigbaar.

5 (22–28 Feb.)

Beleef God deur ander

Matteus 25:31–40

“Wat julle vir een van die geringstes gedoen het, het julle vir my gedoen.”

God se liefde word sigbaar deur gelowiges wat bereid is om ander raak te sien en te dien.

Mag ons in hierdie tydperk, ons gemeente se leuse: “Lewe in God se liefde” ten diepste ervaar.

GR-goete

GR Nuusflitse Desember 2025
GR Nuusflits Desember 2025

Seisoene van Dankbaarheid wat steeds groei in hoop gee
Dit is met groot dankbaarheid dat die Gemeenteraad reeds kan terugkyk op ses Seisoene van Dankbaarheid (SvDs) wat elke jaar strek vanaf Oktober tot Desember. Tydens hierdie periode kry gemeentelede die geleentheid om op finansiële gebied draers van hoop tot ons bedieningsaksies te wees sodat Pellissier gemeente ook hierdeur ons omgee konkreet sigbaar kan maak.
Ons is al telkemale sprakeloos gelaat oor die resultate en die ondersteuning wat ons jaar-vir-jaar hiervoor kry! Die begroting vir elke jaar se Seisoen van Dankbaarheid word gereeld hersien volgens die vorige jaar se inkomstes; dit beloop tans 30% van die gemeente se totale jaarlikse inkomste. Vanjaar se doelwit is 7% meer as verlede jaar en beloop R 2.27 miljoen.
Die grafiek hier onder toon hoe ons SvD inkomste van jaar tot jaar groei:
Hierdie Seisoen van Dankbaarheid dankoffer het ‘n geweldige impak op ons gemeente. Hiersonder sou menigte van ons bedienings, insluitend getuiens, ons jaarlikse DRAMAties onder die jeug en vele meer net nie moontlik gewees het nie.
Ons wil graag hiermee baie dankie sê vir elke bydrae wat ons ontvang om ons verskillende bedieningaksies te befonds en moontlik te maak! Aan ons Hemelse Vader al die eer.
Mag ons veral in hierdie tyd en in navolging van ons Here Jesus Christus, draers van lig en hoop wees.
GR-goete,

GR Nuusflitse Oktober 2025
GR Nuusflits Oktober 2025

IGROW groei in ons gemeente
Die klem op groei in ons belewenis van God waarna ons as Pellissier gemeente streef, kry ook ŉ baie besonderse gestalte in die IGROW bedieningsaksie. Anton Pelser brei meer hieroor uit.
IGROW se leuse: “Growth is never by mere chance” beklemtoon die waarde van ‘n herontdekking van God se liefde in die groeiproses wat plaasvind wanneer ŉ persoon op pad is om te herstel van ŉ afhanklikheid van dwelms, drank, ens.
IGROW bied persone met ŉ afhanklikheid geleenthede om ŉ ander pad van groei te kies. Hierdie bedieningsaksie word elke Woensdagaand vanaf 18:00–20:00 aangebied. Die eerste byeenkoms het op 5 Julie 2024 by Pellissier Gemeente se kerk plaasgevind. Tans woon meer as 60 persone die IGROW berading by en word daar beplan om die groep in twee te deel om te verseker dat elke persoon ten beste op die herstelpad begelei kan word. Hulle gesinslede en/of vriende word ook ondersteun om effektiewe metgeselle op die pad na herstel te wees.
IGROW is deur Project Exodus gemagtig om in Bloemfontein onder leiding van Renier Gouws, persone met ŉ afhanklikheid te begelei tot geestelike groei deur die ontwikkeling van onsekerheid na sekerheid en meer selfvertroue. Die volgende twee getuienisse van mense wat reeds baat by Pellissier gemeente se IGROW bedieningsaksie gevind het en steeds vind, spreek boekdele.
“ IGrow is a community of people that truly understand what I am going through. When I felt alone in the world Igrow was there to support me through some of the darkest days of my life. No man is an island.”
“ Ek groei as mens, kry meer selfvertroue en leer wat my emosies beteken. Ek leer ook hoe ek myself sien met al my foute en hoe ander mense my sien. Ek beveel IGrow vir almal aan wat hulself wil vind, vrede wil maak met hul verlede en bereid is om ŉ beter mens te wees.”
Ons Snuffelwinkel
Frikkie van Wyk vertel soos volg oor ons Snuffelwinkel. Pellissier Gemeente het op 4 Oktober 2025 ‘n Snuffelwinkel gehou, waar ons eie Gemeentelede die geleentheidheid gehad het om tweedehandse klere vir ‘n appel en ‘n ei aan te koop.
‘n Lekker atmosfeer is met agtergrond musiek geskep en mense kon na hartelus deur klere items ‘snuffel’. Hierdie klere was in oormaat, nadat Pellissier Gemeente hulle Shopday op 30 Augustus gehou het. Ons het toe die geleentheid gehad om behoeftiges na ons kerkperseel te nooi om gratis klere te kom kry.
Die sogenaamde “Thrift Shops”, soos ons Snuffelwinkel, begin al hoe meer ‘n gesogte opsie in Suid Afrika en reg oor die wêreld vir die aankoop van klerasie word, aangesien dit deesdae nogal ‘n paar rand kos om splinter nuwe klere aan te koop.
Ons het ook besef dat daar al hoe meer mense is wat nie nuwe klere kan bekostig nie en ‘n Snuffelwinkel as ‘n goeie opsie sien om klere aan te koop. Baie items in ons Snuffelwinkel lyk in elk geval so goed soos nuut; mens kan sien dat dit goed opgepas is. Sommige items het nog selfs hulle winkel etikette aangehad!
Waar gaan jy in elk geval vandag ‘n T-hemp vir R20 en ‘n formele werkshemp vir R40 kan aankoop? Die geld wat ons met die Snuffelwinkel geïn het, kan ons weer terugploeg om ‘n verdere verskil te maak.
Ons hoop ons sien jou by ons volgende Snuffelwinkel – hou Pellissier Gemeente se afkondigings dop!
GR-goete,

GR Nuusflitse September 2025
In hierdie lentemaand wat ons altyd aan nuwe lewe herinner, wil die GR van Pellissier Gemeente groot waardering uitspreek vir al die aktiwiteite wat dwarsdeur die jaar, of jaarliks, blom ongeag die seisoen waarin hulle plaasvind. Vandeesmaand wil ons veral fokus op die aktiwiteite van Pellissier Vrouespore, die Familiefees en die Pellissier Shopday. Hulle leiers deel hier onder hul belewenisse van God in hierdie aktiwiteite – hulle Godstories.

Pellissier Vrouespore se Godstorie

Mariëtte Breytenbach is oortuig dat Pellissier Vrouespore elke vrou wil laat voel dat sy waardig geskape en baie geliefd is soos Spreuke 31 getuig.
Sy vertel dat hulle alreeds op Vrydagaand 7 Maart tydens die wêreldbiddag vir vroue meer van God se vaderhart beleef het in Ds Riekie Wilken se verhalende vertelling oor Hosea en sy prostituut vrou; dit was ‘n ongelooflike belewenis. Verder vertel Mariëtte dat Vrouespore se Sop en Sjerrie aand op 30 Julie - 'n wenner soos altyd - uit sy nate gebars het met 90 vroue wat na Johannes de Villiers se besielende praatjie oor Geluk kom luister het en van sy boeke kom koop het. Sy kondig opgewonde aan dat hulle 'n vrouekamp vir die naweek van 18 en 19 Oktober beplan.
Mariëtte sluit af met die woorde: “Wat ‘n voorreg om só God te kan beleef deur ons bediening.”

Familiefees: 9 Augustus 2025

Tertius Botha deel sy belewenis van die familiefees.
Die Familiefees is een geleentheid in die gemeente waarby al die gemeentelede betrokke kan wees. As dit nie is met die skenking van produkte of kontant nie, dan om self ook moue op te rol en aan die werk te spring – so ‘n bietjie gee van jouself.
Die rede hoekom ŉ gemeente ŉ basaar sou hou, en in ons geval die Familiefees, is om fondse in te samel wat help om die gemeente-uitgawes te dek. Agter dit is daar ook ŉ dinamika van samewerking en opoffering. Ja, omgee, al kos dit.
In die voorafgaande weke kon ons sien dat mense met allerhande inisiatiewe en planne kom om die dag te laat werk; geen moeite was te veel gevra nie. Dit was duidelik dat almal dieselfde doel voor oë gehad het. Selfs met die skenking van die produkte. Die kaartjie vra vir 30 eiers. Dit word eenvoudig doodgetrek en 100 opgeskryf. Ons was bekommerd dat ons nie genoeg produkte sou inkry nie, veral met die invloed wat die skoolvakansie kon hê, dat daar net een erediens was en heelwat minder mense die eredienste bygewoon het. Hier word mens net weer bewus van God se voorsienigheid. Ons het te veel eiers, meel, olie en selfs toffies gekry! Baie dankie aan elkeen wat hand in die sak gesteek het om hierdie moontlik te maak.
Die dag self was een groot fees. Met honderde kinders wat spring, lag en speel met geverfde gesigte en mense wat oral in ŉ vrolike luim was, kon mens die opgewondenheid in die lug aanvoel. Die spanne by die onderskeie tafels het gefunksioneer soos geoliede masjiene. Dit het my laat dink aan die eensgesindheid van gelowiges waarna Paulus verwys. Ek dink nie ek het al ooit so baie leë eierdoppe op een plek gesien soos wat daar by die pannekoek tafel was nie. Hier wil ons vir elkeen wat moue opgerol en gehelp het, baie dankie sê. Sonder julle sou die dag nie moontlik gewees het nie.
Ons is nou in die proses om met die organiseerders van die onderskeie tafels te vergader en terugvoer oor die dag te kry. Hulle het reeds die skaafplekke geïdentifiseer en het begin om planne te maak om volgende jaar selfs nog beter te doen. Met so ŉ gesindheid kan mens berge versit. Ons wil vir elkeen van julle baie dankie sê. Julle is eintlik die mense wat hierdie trein laat loop.
Dan is daar die stories wat hierdie familiefees die moeite werd maak. Die een storie wat ek gehoor het, is dat die twee dames wat die honderde eiers gebreek het om die pannekoek deeg aan te maak, mekaar die dag daar by die Familiefees ontmoet het en na die saamwerkery het daar nou ŉ vriendskap gevorm. Hierdie jaar was daar ook ŉ tweede verkooppunt vir pannekoek in die saal. ŉ Omgeegroep wat nog nie iewers betrokke was nie, het aangemeld om daar betrokke te raak en ek dink hulle het ŉ uitstekende werk gedoen. Dit is stories soos hierdie wat ŉ mens daardie warm ‘fuzzy’-gevoel gee.
Ons is baie dankbaar dat die inkomstes van die meeste tafels beter was as verlede jaar!
Ons is bevoorreg om in ŉ gemeente te wees waar daar verskeie platforms is waar gemeentelede betrokke kan wees en dit saam met medegelowiges wat dieselfde belangstellings deel. Mag ons met hierdie eensgesindheid en ondersteuning ook aangemoedig word om die Woord van God verder uit te dra.

Pellissier Shopday: 30 Augustus 2025

Frikkie van Wyk berig soos volg oor hierdie jaarlikse aktiwiteit:
Behoeftiges het al van so vroeg soos 3:00 die oggend in die ry gestaan om nie die “Bederf dag” mis te loop nie.
Hulle was ons gaste vir die dag en ‘n gasheer/gasvrou het hulle deur die verskillende areas op die kerkterrein vergesel.
Eerstens kon ons saam kuier om ‘n mooi versierde tafel waar die kelners ŉ heerlike ete bedien het. Daarna kon ons gaste na hartelus hulle eie klere items aanpas en kies. Ons kon deurlopend lekker gesels en hoor watter uitdagings hulle in die gesig staar.Die kinders is ook vermaak met inkleur en speletjies; elkeen het ‘n bederfpakkie met, onder andere, inkleurkryte en speelgoed gekry om huistoe te neem. Laastens kon ons ons gaste na die “Bid area” vergesel, waar ons geestelike literatuur kon oorhandig en saam kon bid. Die dankbaarheid om net Jesus se liefde onvoorwaardelik te kon ontvang was duidelik sigbaar en dit was nie ongewoon om trane te sien loop nie.
Ons kon meer as 300 gaste vir die dag te bederf. Ons innige dank aan ongeveer 230 Vrywilligers wat vroeg opgestaan het om ‘n verskil in mense, wat as randfigure gesien word, se lewens te kon maak.
Ons het egter soveel meer ontvang na so ‘n dag en besef dat Jesus alle mense so baie lief het en ons die voorreg gehad het om dit te kon deel.
Wat ‘n voorreg om Jesus se hande en voete te kon wees.

Ons kan net aan die leiers wat hulle tyd, energie en Godstories met ons gedeel het, dankie sê om lewe en diepte aan ons gemeente se karakter te gee wat ons almal saam só verwoord het: Pellissier gemeente bedien omgee, al kos dit ons, sodat almal God kan beleef op maniere wat ons laat groei.
GR-goete,

GR Nuusflitse- Augustus 2025
DRAMAties – Bloei:  ŉ Uitdaging om in ons belewenis van God se liefde kleurryk te groei

Pellissier Jonk het vir vier opeenvolgende aande vanaf 27 tot 30 Julie, oud en jonk uitgenooi en uitgedaag om hul verhouding met die Here en mekaar opnuut onder die vergrootglas te bekyk, af te stof en te waag om nuwe kleur daaraan te gee sodat almal dieper in hulle verhouding tot God se liefde kan groei.

Hierdie Godstorie is uitgebeeld in die lewens van ds Jos, die leraar van Genadedevlei Gemeente op ŉ klein, plattelandse dorpie; sy vrou, Vina; die Duitse orrelis, André Zimiël en die koster, Talia (Atalia Venter). ŉ Klein seuntjie, ds Jos se jonger self, herinner hom dat sy kleurryke jeug weer al hoe meer kan blom om dieper betekenis aan sy vaal, geroetineerde lewe en verhoudings te gee.
Sy vrou se aanvanklike bevraagtekening van sy kleurlose bediening en hul voorspelbare lewe, sit die verloop van die gebeure in die verhaal aan die gang. Die tema van geestelike vernuwing speel ook af in die orrelis en die koster se lewens.
Die kleurvolle dekor, dinamiese lofsang en inspirerende boodskappe het daartoe bygedra dat die tafel elke aand gedek is om te groei in ŉ dringende soeke na ŉ dieper verhouding met God, na ŉ “I want to want God”.

Bloei is nog steeds aanlyn beskikbaar op https://www.youtube.com/c/PellissierGemeente vir diegene wat nog nie by hierdie verrykingsmaaltyd aangesit het nie.

Ons deel ook graag die deelnemers en gehoor wat reeds die tafel gedek en daarby aangesit het se belewenisse van hoe die toneelstuk se Godstorie by hulle eie Godstories aanklank gevind het. Hier is hulle antwoorde op die vraag:

"Op watter manier het jy self geestelik gegroei of iets beleef hierdie week?"

--Ek het weereens net besef hoe belangrik dit is om in verhouding met die Here te lewe.
--Die boodskap wat Francois gedeel het elke aand het my diep geraak.
--Ek het net weer beleef dat soveel mense se harte nog vuurwarm brand vir die Here.
--Ek het besef, daar is mense wat regtig omgee en alles gee om te dien.
--Ek voel die Here het ŉ boodskap aan my gegee om deel te wees van die span en om ander mense te motiveer om hom te dien.
--Moenie dink jou manier is die enigste nie.
--Ek het baie van myself geleer in die karakters se storie en preke.
--Ek het ook geleer om meer te kan uitreik na mense.
--Ek het net weereens besef dat God ons lief het al twyfel ons soms.
--Ek het net besef dat as jy op God vertrou sal alles gaan soos dit moet.
--Myself al in die selfde situasie bevind en nie geweet wat om te doen nie.
--Ek het regtig gesien hoe intensioneel God is met wie Hy waar en wanneer gebruik.
--Ek het besef dat dit ŉ voorreg is dat Hy my gebruik het vir dramaties want Hy het my verseker nie nodig nie.
--Besef dat die Here altyd daar is vir jou.
--Die tema van "om 'n kans te vat" was baie impakvol vir my, want alhoewel ek in 'n moeilike tyd in my lewe is, is ek nog bang om 'n kans te vat, en hierdie dramaties het my bietjie herinner dat dit belangrik is, selfs noodsaaklik is om 'n kans te vat.
--Ek voel dat my verhouding met God beter geword het en ek sien uit vir die toekoms.
--Ek het Nader geword aan die Here deur die hele proses, en dit was ŉ belewenis en my as mens ook verander.
--Dit was ŉ amazing tyd saam met almal wat moeite gedoen het om God se naam groot te maak.
--God het met my gepraat tydens die preek, veral die 4de aand, na die opvoering.
--Dit het my laat besef dat risiko's soms nodig is om ons verhouding met God te versterk. Dit is nie altyd lekker nie, maar nodig. Dit het my ook laat besef dat my hart nie meer soos altyd gebrand het vir die Here nie en dis tyd om wakker te skrik.
--Die Here het regtig met my gepraat en my oë was oopgemaak deur n paar dinge
--Die boodskap van die week het my baie geraak. Ek dink ek het dit al ŉ rukkie nodig gehad om die boodskap te hoor en te herinner word daaraan dat Jesus lief is vir my.
--Deur hoe hy met my gepraat het tydens die bidsessies

Baie dankie aan die span onder leiding van Nelmari en Talia en die DRAMAties span wat hierdie verhaal van ŉ opregte soeke na ‘n lewende en opbouende verhouding met God en ons medemens op die planke gebring het om ons eie Godstories meer kleurryk en dieper te maak.

GR-goete

GR Nuusflitse Mei 2025
GR Nuusflitse Mei 2025

Street Store 2025:
Baie dankie aan Frikkie van Wyk en sy span wat ons gemeente se strewe na diensbaarheid tydens Street Store 2025 uitgeleef het. Hy vertel hulle Godstorie só:
Pellissier se Gemeentelede was weereens bevoorreg om deel te kon wees van Street Store 2025, wat op Saterdag, 17 Mei, in Bloemfontein plaasgevind het. Street Store was op twee plekke opgerig, nl: Achors of Hope en Heidedal Primêre skool.
Tien kerke in Bloemfontein was by die dag betrokke en Pellissier Gemeente was by die Heidedal Primêre skool betrokke.
Ons het die voorreg gehad om 1166 mense met ŉ heerlike ete te bedien en daarna kon elkeen vir hom/haar ‘n kledingstukke gaan uitkies – vir sommige was dit die eerste keer.
Die “Ushers” of gashere/gasvrouens wat saam met hul gaste gestap het, kon lekker met hulle gesels en hulle, vir die rukkie wat hulle by ons was, lekker bederf en weer menswaardig laat voel.
Ons het ook die geleentheid gehad om, voordat hulle die perseel verlaat het, Christelike literatuur aan hulle te oorhandig en om vir hulle te bid.
Die kinders is ook bederf met vermaak; hulle kon byvoorbeeld inkleur en elkeen kon ŉ pakkie Spring Mielies kry.
Wat ek beleef het:

Die voorreg om as verskillende gemeentes saam te kon werk en daardie dag net een fokus te hê – om Jesus se liefde te deel.

Ek het besef wat kan gebeur as ons almal een doel voor oë het – ons kan Bloemfontein verander, en dit is nie die norm daarbuite nie.

Ek het eerstehands swaarkry gesien en beleef by die mense wat ek deur gevat het en ek het opnuut besef hoe groot die nood daarbuite is. Die Wêreld daarbuite het ons nodig. Nie een van die mense wat ek deur gevat het, het byvoorbeeld ŉ vaste werk gehad nie.

Hulle waardering was onsettend groot, van hulle kon nie glo dat ons na Heidedal gekom het om “om te gee vir hulle nie”.

Aan die einde van die dag – die bevrediging om ‘n verskil in mense se lewens te kon maak en hulle te bemoedig. (Dis hoekom ons hier is).

Dit wat ek beleef het, verander my ook elke keer – ek besef opnuut die dankbaarheid waarmee ek moet leef.

Ek moet my roeping uitleef – Jesus wil ons gebruik – ons moet net bereidwillig wees.

Die wonderlike ding van Street Store – skakel in waar jy gemaklik is – waar jy jou gawes kan gebruik(kombuis/klere/logistiek) – werk saam vir die dieselfde einddoel.

Street Store – wat ‘n belewenis om “omgee” te bedien, ja al kos dit ons, sodat ALMAL God kan beleef op maniere wat ons laat Groei.
GR-goete,

GR Nuusflits April 2025
GR Nuusflitse April 2025

Die Leiersdag, Projek 200, Paasfees 2025 en Voorbereidings vir “The Street Store”
Gedurende Maart en April, het ons gemeente weer die voorreg gehad om verskillende inspirerende Godstories van omgee te beleef; ŉ kort beskrywing van elkeen volg.
Leiersdag 2025
Op Sondag, 16 Maart het die leiers van bedieningsgroepe in die kapel bymekaar gekom en onder leiding van Ds François dieper begin besin oor elke groep se Godstorie. Die leiers het gedink oor hoe hulle groepe se bedieningsaksies God se omgeeliefde kan weerspieël en verwoord in hulle eie Godstories. Die groepe is op die oomblik besig om oor hulle Godstories te besin en op so ŉ manier te skryf dat dit by ons gemeente se Godstorie ingelyf kan word: “Pellissier Gemeente bedien omgee, al kos dit ons, sodat almal God kan beleef op maniere wat ons kan laat groei.”
Projek 200
Ons gemeentelede het ook die geleentheid om hulle omgee vir ander in konkrete, finansiële bydraes uit te druk deur hulle te verbind tot gereelde, maandelikse bydraes met herhalende elektroniese fondsoordragte (EFTs), of debietorders. Die doelwit is gestel om binne ses maande 200 addisionele gereelde betalings in te kry. Dit sal die gereelde betalings wat ons van lidmate ontvang op ongeveer 700 te staan bring.  Aan die einde van April is 545 betalings ontvang. Daar kort dus nog 155 gereelde maandelikse bydraes om ŉ totaal van 700 te bereik. Baie dankie vir diegene wat reeds in hierdie omgee-bediening deel. Indien jy ook daarby wil aansluit, kan jy asb. die verwysing, “Projek 200” gebruik vir jou maandelikse EFT of debietorder.
Paasfees 2025
Die Paasnaweekprogram (17–20 April), onder leiding van Ds Charles, het gemeentelede geleenthede gebied om op besonderse maniere ŉ dieper belewenis van die tema, Lig in die Duisternis, te beleef. Tydens die nagmaalsdiens op Donderdag, 17 April het Mariska die seer van haar stukkende wêreld, na ŉ motorongeluk waarin haar drie en ŉ halfjarige dogtertjie gesterf het, gedeel. Die tema van die preek, God huil ook, het die versekering van God se omgee aan ons bevestig met voorbeelde van omgee uit Jesus se bediening toe die mens se nood hom diep geraak het. Op Vrydagoggend kon mens die lydensweg simbolies by sewe stasies met Jesus meemaak: ŉ reis van volmaakte lig wat deur die duisternis van gebrokenheid, angs, lyding en dood uitgedoof is, maar wat weer deurbreek in ligstrale van ŉ vaste hoop op ŉ ewige lewe van God se volmaakte liefdeslig. Die Stil Saterdag troosdiens het ŉ omgee geleentheid van stil word geskep saam met diegene wat die verlies van dierbares beleef het. Opstandingsondag se lofprysingsdiens was voorwaar ŉ belewenis waartydens die lig van hoop op verskillende maniere voorgestel is: Mariska se storie van hoop toe sy weer die wonderwerk van ŉ nuwe lewe – ŉ seuntjie – ontvang het; die beelde van lig waar ŉ koningskroon die doringkroon oorheers het en die lofprysingsmusiek wat met ŉ positiewe energie die boodskap van hoop uitbasuin het en waaraan almal meegedoen het.
Voorbereidings vir “The Street Store”
Op Saterdag, 26 Augustus is oor die 5 000 items wat deur gemeentelede vir “The Street Store” geskenk is, sorteer. Die items bestaan uit mans- vroue- en kinderklere, skoene, pette, beddegoed en speelgoed. Baie dankie aan Frikkie en sy span wat hierdie omgee-geleentheid geskep het. Die “Street Store” vind op 17 Mei in Heidedal plaas. Indien jy op hierdie dag by die bediening van omgee aan mense wat hierdie items broodnodig het, wil help, kan jy op die volgende skakel inteken: https://bit.ly/StreetStoreHeidedal2025
Baie dankie aan al ons gemeentelede vir julle betrokkenheid by ons gemeente se omgee bedieningsaksies; dit vorm deel en gee sin aan ons gemeente se Godstories.
GR-goete,

GR Nuusflitse Maart 2025
GR Nuusflits Maart 2025

Bedieningsaksie: Uitreik van Pellissier na Ooshoek Gemeente
Ons as Gemeenteraad is baie opgewonde oor al die bedieningsaksies wat steeds voortgaan in ons eie gemeente, in die groter Bloemfontein, in Suid-Afrika en in lande buite Suid-Afrika. In hierdie nuusflits vertel ons graag van Pellissier Gemeente se skakeling met Ooshoek Gemeente en Ds Rikus Hattingh verduidelik ook hoe die gemeentes by mekaar inskakel.
“In 2023 besef ds. Pikkie Maritz dat hy aftree ouderdom bereik het en dat daar nie fondse is om weer ŉ voltydse leraar na Ooshoek Gemeente te beroep nie. Daar moes planne gemaak word. Die Here laat ds. Pikkie se pad kruis met dié van Andreas Nieuwoudt. Andreas is ŉ goudsmid. Die Here roep egter vir Andreas na die bediening. Die Ring van Suid-Oos Bloemfontein besluit toe om te help dat Andreas by Ooshoek kan bedien. Dit het beteken dat Andreas as ŉ dienswerker in die bane van prediking en pastoraat opgelei moes word. Die Ring het die fondse hiervoor voorsien.
“ ŉ Dienswerker moet egter onder die toesig van ŉ voltydse leraar wees terwyl die persoon in die gemeente bedien. Pellissier het ‘n handevat-ooreenkoms met Ooshoek gemeente en die twee gemeentes het saam besluit dat Andreas onder mentorskap van ds. Rikus Hattingh by Pellissier sal staan. Andreas is toe deur die Gemeente Raad van Pellissier Gemeente as ouderling verkies met die opdrag om as dienswerker in Ooshoek gemeente te werk. Andreas dien dus op Pellissier se Gemeente Raad; hy woon ons vergaderings by en gee terugvoer oor sy werk by Ooshoek. Andreas preek Sondae by Ooshoek en behartig baie van die pastoraat. Die Here gebruik Andreas op ŉ wonderbaarlike manier in hierdie kosbare gemeente. Bid asb. vir Andreas en die werk wat hy doen.”
Ds Andreas vertel meer van die volgende bedieningsaksies by Ooshoekgemeente:
“ Jeug: Ooshoek  het ŉ redelike aktiewe jeuggroep, alhoewel ons baie struikelblokke moet oorkom soos vervoer en veiligheid. Die kinders bly ver van die kerk en weens veiligheidsrisiko’s is dit nie altyd moontlik om te stap nie.  Ons probeer wel sover moontlik om die Kombi te laat ry. Ooshoek Gemeente het byvoorbeeld die volgende aktiwiteite in 2024 aangebied: kategese, poppekerk (een keer per kwartaal),  praise and worship, deurnag by die kerk met speletjies en geestelike aktiwiteite, pretstap,  ŉ praatjie is gelewer deur die Kaptein van die Polisiediens oor die gevare van Sosiale Media, waterkaskenades en ŉ Kersspel is opgevoer. Die jeug het ook deelgeneem aan die Passiespel en die Basaar; hulle het dit geniet om rugby en netbal teen die ouers en sondagskool ooms en tannies te speel.
“Bo en behalwe hul getroue kategese bywoning, beplan die jeug om vanjaar ŉ konsert (Jeug voetspore deur die Bybel) in die derde kwartaal en ŉ naweek kamp in die vierde kwartaal te hou. Hulle beplan ook uitreike na ander jeug groepe in die vorm van Bybelvasvrae (Minute to win it), sowel as uitreike na aftree oorde en na die gemeente se bejaardes en siekes. Een poppekas of jeugdiens per kwartaal en Praise and Worship word ook vanjaar voortgesit.
“Bybelstudie by Arbeidsgenot: Die grond waarop Arbeidsgenot gebou is behoort aan Ooshoek. Die Departement van Onderwys het die grond vir etlike jare gebruik en ŉ skool daar bedryf teen geen betaling nie. Hulle het egter besluit om die skool na die stad toe te verskuif. Na vele oorwegings, het die Kerkraad besluit om die gronde beskikbaar te stel vir Pieter Wepner wat huisvesting bied aan hulpbehoewende en werklose mense. Inwoners wissel van bejaardes tot ŉ ses maande oue baba. Hierdie mense is werklik die armstes van die armes. Ooshoek bedien hulle ook geestelik. Vrydae word daar Bybelstudie by hulle gehou deur Ds Pikkie wat vergesel word deur ons eie Bybelstudie groep. Daar sal ook voortaan Vrydae vir hulle kos gemaak word.
Die Suid-Oos Bloemfontein ring het ook fondse vir ŉ stoof en ŉ yskas beskikbaar gestel. Benewens die Bybelstudie by Arbeidsgenot word daar ook Vrydae by die kerk Bybelstudie gehou.
“Fondsinsameling: Na verskeie suksesvolle fondsinsameling pogings in 2024 word die volgende vir 2025 beplan: ŉ Golfdag vir 26 Junie, ŉ oggend vrouetee met ŉ motiveringspreker, elke tweede Sondag word daar ŉ verkoping (Pannekoek, wafels en kolwyntjies) na die diens by die kerk gehou, Park Run, Musical Bingo en ŉ basaar in Oktober. Ons is bevoorreg;  ŉ koswaentjie is aan ons geskenk wat dit meer haalbaar en makliker maak om die aandmark en ander markte by te woon en kosse te verkoop.
“Werkklas: Hierdie klas vergader elke Woensdagoggend en ongeveer 10 tot 15 dames woon dit by. Hier word hulle touwys gemaak om handgemaakte produkte te vervaardig; hulle weef ŉ mat van sakkies . . . verf volstruiseiers. . . brei. . . hekel. Tydens markte kan die dames hulle eie produkte vir hulle eie inkomste verkoop.
“Kom help jouself: Alle skenkings in die vorm van klere en linne word een maal per maand in die saal uitgepak. Almal kan dan van hierdie items teen baie bekostigbare prys koop (R2 of R5).  Hiermee word die mense se menswaardigheid behou deurdat hulle betaal vir hulle klere, ens. Die gelde wat gemaak word, word dan weer aangewend om die kospakkies aan te vul. Die kospakkies word op ŉ tweeweeklikse basis aan 40 gesinne gegee. ŉ Lidmaat van Woodlands Hills skenk vars groente en vrugte.
“Uitreikings: Behalwe vir Arbeidsgenot reik ons ook ŉ hand na die gemeenskap uit. Ons deel ook skenkings uit aan ander waar daar ŉ behoefte is. Reoboth Homecare is een van die huise wie se inwoners ons geestelik en ook met klere bedien.
“Geestelike groei: Ons beplan ŉ Paasete en ŉ Paassangdiens met ŉ mannekoor. Daar is ook vier lidmate van ons gemeente wat die Veritas kursus gaan bywoon. Om ons hiermee te bemagtig help dit ons om die jeug- en selgroepe geestelik beter toe te rus. Geestelike groei word ook bevorder deur ons Manne- en Vrouebedienings en deur ons eredienste. Ons het ŉ aktiewe vrouediens en dit is ons visie om ons vroue nie net geestelik te voed nie; bemagtiging en opheffing vind ook hier plaas.”
Die bedieningsaksies van Ooshoek Gemeente getuig nie net van toewyding nie, maar vra ook volgehoue skakeling en ondersteuning van Pellissier Gemeente.
GR-goete,

AsWoensdag - 4 Maart 2025
Môre is Aswoensdag - die begin van Lydenstyd. Dit is 'n besondere dag waarop ons as gelowiges nadink oor ons lewens en ons verhouding met God.
Aswoensdag val altyd op ‘n Woensdag aan die begin van die veertig dae van Lydenstyd in die Kerkjaar. Lydenstyd strek vanaf Aswoensdag tot Stil Saterdag, die dag voor Opstandingsondag. Indien die Sondae in hierdie tyd uitgesluit word, is dit ’n tydperk van 40 dae, dieselfde aantal dae wat Jesus in die woestyn deurgebring het.
Ons wil jou (of jou gesin of omgeegroep of vriende) nooi om 'n eenvoudige maar betekenisvolle ritueel te hou.
Sit om ‘n etenstafel met 'n kers in die middel. Steek die kers aan en word vir 'n oomblik stil. Psalm 51:12 kan dan gelees word: “Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.”
Neem dan 'n klein bakkie met as (julle kan gewone houtas gebruik). Vat 'n bietjie as tussen jou vingers. Dink na oor iets waaroor jy jammer is of iets wat jy wil verander. Strooi dan die as in 'n plantpot - as teken dat God ons nuut maak en dat uit as nuwe lewe kan groei. Jy (julle) kan dan bietjie olyf- of kookolie met as meng en kruise op jou of mekaar se voorkoppe maak wat jou (ons) herinner dat Christus vir ons gesterf het. Sê hardop (fluister as jy wil) – “Dink daaraan dat jy sterflik en sondig is. Maar dink ook daaraan dat Jesus in jou plek gesterf het en tot sondaar gemaak is. Dink daaraan dat jy aan God behoort.”
Baie keer word daar gevra dat ons in Lydenstyd iets moet opgee tot aanloop van Paasnaweek. Die ou gebruik herinner ons aan Jesus se 40 dae in die woestyn sonder kos. Mense gee soms goed op soos koffie, sosiale media, alkohol, sjokolade of vleis. Jy sou ook iets kon byvoeg soos om vroeër op te staan om te bid of elke week tyd in te ruim om iets diensbaar te doen. Die vastyd word begin op Aswoensdag en dit duur dan vir 40 dae tot en met Stil Saterdag (die dag voor Paassondag).
Sluit af deur mekaar se hande te vat en saam te bid: 'Here, ons dank U dat U ons elke dag nuut maak. Help ons om hierdie Lydenstyd nader aan U en aan mekaar te groei. Amen.'
Mag hierdie Aswoensdag vir jou 'n geseënde begin van die Lydenstyd wees.
Vrede vir julle almal.

Pellissier groete

GR Nuusflitse Februarie 2025
GR Nuusflits Februarie 2025

Journey Deeper: Ons nie-winsgewende maatskappy

Baie dankie aan Willie Harbor, die voorsitter van Pellissier Gemeente se nie-winsgewende maatskappy (NPO), wat sy gedagtes en belewenis van Journey Deeper met ons deel en ons uitnooi om ook deel hiervan te word.
Wat ŉ wonderlike geleentheid om Koninkrykswerk te kan doen!
Journey Deeper is die nie-winsgewende maatskappy (NPO) gestig om hande te vat met die huidige liefdadigheidsprojekte van Pellissier Gemeente sowel as om in te skakel by die projekte van ander NPOs in Bloemfontein. Sodoende wil ons graag hoop onder behoeftiges vestig en koester, met ŉ veel groter impak as net ŉ finansiële “geskenk” wat van korte duur is.
Een van ons doelwitte is om volhoubaarheid en selfstandigheid te probeer bewerkstellig onder huidige projekte in ons stad, deur:

ŉ Belastingdoeltreffende (18A belastingsertifikaat) kanaal vir fondse/skenkings te wees;

kundigheid en vaardighede te verleen om die projekte lewensvatbaar te maak/hou ten einde die doel te bereik.

Dis waar ons visie vandaan kom, “Dieper, volhoubare en transformerende impak”. Verhoudings met ons eie en ander projekleiers, betrokkenes en verhoudings met hulle wat hulp benodig om sodoende nie meer te voel soos net maar nog ŉ nommer nie, maar raakgesien en geliefd te wees. Hulle moet deur ons betrokkenheid God se teenwoordigheid in hulle lewens beleef – anders mis ons die punt.
Daar waar ons betrokke is, moet daar  ŉ nalatenskap van ons lewende Skepper wees. Sonder Hom is niks hiervan moontlik nie, dis uit genade alleen dat ons in ŉ posisie kan wees om hierdie werk te verrig.
Huidige projekte:

Jean Webber huis

Ons Kinderhuis

Tshepang Jeugsentrum

Tshepo Foundation

Kosmandjie projek

Motorwagte

Anchor of Hope

Sopkombuis

Huishulp vaardighede

Street Store

Hoe kan jy betrokke raak?

Indien jy ervaring van  NPO projekte het en jou kundigheid beskikbaar wil maak om te help;

Projekbestuur – ons het ŉ wye reeks projekte en benodig hande wat dit kan help dryf;

Skenkings – besighede sowel as individue kry voordeel uit die belastingvoordele. Feitlik niks kan gedoen word sonder fondse nie.

Is jy ŉ sosiale media kundige? Kom gebruik jou talente en help ons om die projekte en geleenthede te versprei dat ons meer mense kan bereik.

Vrywilligers wat net wil betrokke raak by die projekte. Daar is nooit te veel hande nie – as jy ŉ passie het en wil betrokke raak by enige van die projekte, dan wil ons van jou hoor.

Daar is baie nood in ons stad en Journey Deeper wil graag een van die maniere wees waardeur daar verligting gebring word. Ons wil God se liefde sigbaar maak deur ons betrokkenheid. Ons droom baie groot, met die uitkyk dat niks te groot is nie. Met ons fondasie gebou op die lewende God is daar niks wat ons nie kan bereik nie.
Groot drome bly altyd net drome as daar nie dade is nie. Kom wees deel en wees asseblief saam met ons opgewonde oor wat die toekoms vir ons inhou met die geleentheid wat die NPO ons bied!
GR-goete,

GR Nuusflitse Januarie 2025
GR Nuusflits Januarie 2025

Opgewondenheid oor ons nuwe saal

Die voltooiing en gebruik van ons nuwe saal het verskillende belewenisse van opgewondenheid en diepe dankbaarheid by verskeie gemeenteraadslede ontlok. GR Nuus deel graag ŉ paar van hul saalstories met al ons lidmate.
Die nuwe saal vir Pellissier Gemeente se bedieningsaksies
Charles James: Pellissier Gemeente bedien omgee al kos dit ons sodat almal God kan beleef op maniere wat ons laat groei – dit is ons gemeente se DNA. Ons sal graag die nuwe saal op so ŉ wyse wil gebruik dat dit die hele gemeenskap bedien – op maniere wat God se liefde sigbaar maak. Mag hierdie nuwe fasiliteit ŉ instrument wees waardeur strome van lewende water vloei – sodat die wêreld kan glo!
Hennie Botha: Dit is vir my ŉ aangename voorreg om terugvoer te gee oor ons voltooide bouprojek. My getuienis is dat die oorvloedige seën van ons Skepper deur die hele projek vloei; daar is soveel dinge wat nie toevallig was nie. Kom ons vereer ons Skepper hiervoor en bid ook vir seën met die gebruik van die saal.
2018: Ons saalstorie begin
Die droom om ŉ saal te bou begin met ŉ beraamde koste van R 5 miljoen wat net bly groei.
Winter 2022
Die droom word herbevestig met R 1.3 miljoen in die reeds gevestigde boufonds. Die beraamde koste van die hersiene bouprojek is R 3.85 miljoen; inflasiestyging bly egter ons grooste uitdaging. Die uitstaande bedrag is R 2.550 miljoen. Ons het 2 doelwitte in gedagte: eerstens om die boufonds te laat groei en tweedens om vaste maandelikse bydraes in te kry om finansiering te kan regverdig sonder om las op ons normale begroting te plaas.
Op pad na Clarens gesels ons oor die boufonds en word die idee om lidmate as steenkopers te betrek, gebore. Die plan behels die verkoop van ’n steen aan ’n persoon wat bereid is om maandeliks ’n minimum van ŉ duisend rand per maand tot die boufonds by te dra en dit indien moontlik, vir 10 jaar te doen. Die gekoopte steen kry ’n nommer wat aan die koper toegeken word. Die nommer word op die steen aangebring ter herinnering dat die koper tot die bou van die saal bygedra het. Ons plaas ook ŉ advertensie op ons kerk se Facebook om inkomste te genereer. Die boufonds word so geposisioneer dat daar geen invloed op normale bydraes sal wees nie.
November 2022
R 250 000 is ekstra ingesamel en die boufonds staan nou op R 1.55 miljoen. Danksy die steenkopers, het die boufonds nou ŉ addisionele inkomste van R14 000 wat aangevul word deur enkelbedrae en anonieme bydraes – die fonds groei.
Februarie 2024
Kwotasies vir die bouprojek word ingewin en beloop R 5.2 miljoen; dit bevestig ons probleem met stygende kostes. Uit die bloute ontstaan daar ’n gesprek rondom die plasing van Y Coffee by die ingang van ons kerk. Die aansoeker is ook ’n bouer; die projek kry skielik baie lewe!
April 2024
Die eerste formele bouvergadering vind plaas en ons stel die begindatum met die bou van die saal in Mei 2024 vas. Pro bona dienste word aangebied wat ons kostes laag hou en ŉ ervare projekleier bied sy dienste aan. Daar word beplan om die bouprojek in drie fases uit te voer. Fase 1 en 2 word gekombineer en ons bly binne die beraming van R3.2 miljoen rand.
Mei 2024
Ons begin om die saal te bou. Die boufonds se balans is reeds R2.1 en dit word maandeliks met R17 000 van die steenkopers aangevul.
Desember 2024
Die saal word op 21 Desember 2024 voltooi! Maandeliks word ŉ bedrag van R24 600 deur die steenkopers bygedra. Die uitstaande bedrag vir die saal is R754 000 en pogings om hierdie bedrag voor Desember 2026 uit te wis, is in plek.
Januarie 2025
Op 22 Januarie word die saal vir die eerste keer gebruik; ŉ gebedsgeleentheid word gehou. Tydens hierdie byeenkoms, ontvang ons ŉ lekker reënbui! Vanaf Sondag 26 Januarie kom ons kinders in die saal bymekaar; die ouers hoef hulle nie meer by President Brand skool af te laai nie. Wat ’n hoogtepunt!
Toekoms
Indien daar enige lidmate is wat belang stel om ’n steen te koop, kontak asb. Hennie Botha by 0833753121.
Opsommend
Baie dankie aan elkeen wat deelneem om ons droom vir ‘n saal ‘n werklikheid te maak! Kom ons bly betrokke en geniet die saal. Eer aan ons Skepper wat hierdie droom wonderbaarlik waar laat word het.
Hendrik Auret: Pellissier was vol planne, maar wat was die gepaste plan om te maak? Vir hierdie saal was daar baie idees, opinies en perspektiewe. Van teoreties-historiese versugtinge rondom die tipologiese verskuiwings vanaf die antieke katakombes, na die Romeinse basilika, tot vroeg-Christelike kerke, net om later weer oor die ontplooiing van ruimtelike narratiewe te besin. Daar is diep gedink, gewoonlik te diep, en dan het die wat meer begaaf is met syfers en pragmatisme die dromers weer tot orde geroep. Nie dat drome nie pragmaties mag wees nie, of dat pragmatisme nie dagdrome kan stimuleer nie. Mens kan byvoorbeeld dink aan die manier waarop die span op pragmatiese vlak soveel moontlik bruikbare spasie probeer skep het, wat gelei het tot die mezzanine se insluiting. Maar die mezzanine het ’n bepaalde ruimtelik invloed wanneer mens die saal inloop. Dit skep ŉ oorgang van buite na binne wat jou eers ruimtelik kompakteer (onder die mezzanine) net om dan weer oop te maak (asem te haal) as jy die hoë ruimte van die saal betree – ervaring en pragmatisme ineen. Let ook op hoe die saal poog om by die argitektoniese taal van die kerk aan te pas (aan die buitekant), maar dat die binnekant meer rou is. Want daar is nuwe stemme wat hier hul stem moet vind. Die kerksaal probeer om nuwe geleenthede los te torring vir ons gemeenskap, maar dit moes ook inpas by die narratief wat ons reeds leef.
Rikus Hattingh: Die kinderbediening is kinderlik opgewonde oor ons nuwe saal. Ons beplan om op Sondag 26 Januarie ons eerste Koers (graad 1-4) byeenkoms in die saal te hê. Die saal maak soveel moontlikhede oop. Vir die eerste keer het ons ŉ plek van ons eie waar ons kan bedien. Ons moes in die verlede al voor 07:00 op ŉ Sondagoggend by President Brand Primêre Skool wees. Toe moes ons oopsluit, alles uitdra en opslaan. Dit het ook ons klank, beeld, ens. in. Ons moes alles heeltyd heen en weer karwei. Ons kon nie toerusting daar los nie. Na die tweede diens moes ons eers opruim. Ons leiers het eers na 12:00 by die huis gekom. Dit het gemaak dat ons gesukkel het om helpers te kry.
Met die nuwe saal het ons alles bymekaar – hiér kan ons met vryheid bedien. Dit is nie meer vir ouers nodig om hul kinders by die skool af te laai nie. Die kinders het nou ŉ plek waar hulle bedien kan word. Ons kom almal op ŉ Sondag in die saal bymekaar. Die aanbieder vir die dag vat voor. Wanneer die persoon klaar is, breek ons die groot groep op in kleiner graad groepe – dis hoekom daar klaskamers is waar hulle dan in graadverband bedien word. Hier doen hulle aktiwiteite en leer hulle meer van Jesus en die Bybel. Dit gee ook die ouers kan om kerk toe te kan gaan. Ons sien uit om ons nuwe saal ten volle te kan benut! Dankie vir almal wat dit vir ons moontlik gemaak het.
François Lamprecht: Die nuwe saal bied vir ons jeugbediening die geleentheid om saans kategese in die saal en klaskamers te hou. Binnekort gaan aanbiddingsaande ook daar gehou word. Ons is opgewonde hieroor!
Mag ons opgewondenheid oor die bou en die gebruik van Pellissier Gemeente se nuwe saal vir die kinder-, jeug-, vroue- en mannebedieningsaksies en talle meer, ons inspireer om elke dag ook in ons eie lewens ŉ nuwe ruimte – ŉ nuwe saal – vir ander te skep wat getuig van die wonder van God se lewegewende liefde en genade.
GR-goete,

Bitter-soet - Charles James
Bitter-soet

Eerskomende Sondag eindig ons tweede deel van ons wandel deur Openbaring. Vir ses weke het ons stilgestaan by hoofstukke 5-11. Hoofstuk 6 tot 11 vertel van gelowiges wat vervolg word, wat met hulle lewe boet vir die uitdra van die Evangelie. Daarom noem Johannes dat die boekrol wat hy (Openbaring 10:8-9) moes eet (simbool van die evangelie van Jesus Christus), soet soos heuning in sy mond smaak, maar bitter in sy maag is. Die verlossingsboodskap van Jesus Christus is soet soos heuning, maar die oordeel van God en die vervolging wat gelowiges moet verduur, is bitter in die maag. Vervolging ter wille van ons geloof is iets wat ons nie in die gemeente beleef nie. Ons is vry om die evangelie met vrymoedigheid te deel en ek weet nie of ons altyd hierdie vryheid, hierdie geleentheid wat God ons gee, met albei hande aangryp nie.

Woensdag 6 November is dit presies drie jaar gelede wat Francois Snyman, ’n sendeling in Lesotho, voor sy vrou Mariette en hulle vier kinders vermoor is. ’n Gesin wat die Here met hulle hele lewe gedien het en die evangelie tasbaar in Lesotho geleef het. Die eerste vraag wat by my opgekom het, was waarom Here? Waarom beskerm U nie U kinders nie? So is daar baie getuienisse van gelowiges wat in lande wat geslote is vir evangelie met hulle lewens boet vir hulle Christenskap. Ons reeks uit Openbaring het my opnuut kom herinner dat ons as gedooptes, as vrygekooptes fisies kan seerkry, maar nooit geestelik nie. Ons tentlewe hier is tydelik maar met ’n baie spesiale roeping – om die evangelie tydig en ontydig te verkondig. Dit is die kerntaak van die kerk, ook van Pellissier Gemeente – en dit moet ons doen totdat ons aardste lewenstent afgeslaan word. Wanneer laas het jy die evangelie van Jesus Christus met iemand gedeel? Ons het soveel vryheid om dit te doen!

Dagboek: Sondag 17 November ons jaarlikse Kerssangdienste tydens die 08:00 en 09:30 eredienste.

Groete,
Charles James

Sê maar seks - Francois Lamprecht
Hierdie kwartaal is ons in die Jong Eredienste besig met ‘n reeks boodskappe wat fokus op verhoudings, verlief wees, seks, trou, pornografie, swanger word en skei.

Daar is natuurlik groot reaksie op die boodskappe en herhaaldelik het ek hierdie laaste maand al gesprekke gehad met mense wat wonder of ons oor sulke goed kan praat in die kerk?

Ons praat immers reguit oor seksualiteit, seks, masturbasie, swanger word, saambly, egskeiding, verhoudings, romanse en nog baie meer. Dit val vreemd op die oor om hierdie woorde te hoor in die kerk. Selfs vreemder is die verskynsel dat ons nie MEER daaroor praat nie...

Die kerk is waarlik nie die primêre plek waar ons oor hierdie dinge moet leer nie, maar dis noodsaaklik omdat dit glad nie die onderwerp van genoeg gesprekke in ons huise is nie. Dís waar ons eerstens moet praat daaroor, kinders en ouers. Reguit. Duidelik. Sonder skaamte. Sonder vrees. Van vroeg af al, wanneer hulle onskuldige vrae vra moet dit duidelik bespreek word.

Natuurlik nie net die tegniese aspekte van ons lywe nie. Hulle moet leer van ‘n penis en ‘n vagina en van voortplanting, van respek vir jou en ander se lywe en privaatheid. Hulle moet ook hoor oor die pragtige, die opwindende en die onbeskryflike. Hulle moet nie hoor van “verkeerde plekkie” en “sies” nie. As jy dit nie in jou huis kan regkry nie gaan die wêreld dit vir jou doen en dan sonder ‘n gelowige kompas.

Die kerk het ook vir baie lank net een taal geken vir seks: die taal van skaamte, veroordeling, siektes en waarskuwings. Dit het nog nooit enige kind afgeskrik of gesond laat dink oor hul God gegewe seksualiteit nie.

Die taal wat die kerk (en gelowige ouers) moet vind is die taal van die wonderlike, onbeskryflike, geskenk wat God gee. Die taal van die heerlike getroud wees met die liefde van jou lewe. Die taal van inspirasie en opgewondenheid wat jongmense laat uitsien daarna om hulle seksualiteit gesond uit te leef in die oorvloedige goeie raamwerk waarbinne God dit vir ons gee.

Praat met mekaar daaroor.

Groete, Francois Lamprecht

Elke wolk het 'n silwer randjie - Rikus Hattingh
“Sleg, sleg, sleg, is die lewe!” – woorde wat ‘n persoon nou die dag in my kantoor gebruik.
Dinge ruk handuit, alles val uitmekaar, almal is skelm, jy vertrou niks en niemand.

So gaan dit as jy sukkel met daardie halfvol / half leë glas.

Maar die wolkies het maar altyd 'n silwer randjie, as jy dit wil sien.
Daar is baie pyn in hierdie wêreld, maar daar is baie meer genesing.
Daar is baie moeilikheid en swaarkry, maar daar is baie meer vrede.
Daar is baie haat, maar daar is baie meer liefde.
Daar is baie sonde, maar daar is baie meer genade.
Daar is baie vrees, maar daar is baie meer vryheid.
Daar is baie donkerte, maar daar is baie meer lig.
Daar is baie donker wolke, maar daar is baie meer visie.
Daar is baie dinge wat vergaan, maar daar is baie meer lewe.

Ek dink hierdie dinge is vir die meeste mense waar, maar nie vir almal nie. Daar is egter vele mense wat net nie meer die silwer randjie om die donker wolk kan sien nie, omdat die negatiewe invloede net eenvoudig te groot is.

Hierdie woorde kom uit die liedjie "Outrageous grace".
Hier is die refrein:
"Oh outrageous grace, oh outrageous grace
Love unfurled by heaven's hand
Oh outrageous grace, oh outrageous grace
Through my Jesus I can stand"

Inderdaad, deur die genade van Jesus kan ons staande bly. Kyk net bietjie nuut.

Groete
Rikus Hattingh

Die “hoekom” van ons Godstorie
Ons is vanjaar nog maar aan die begin van ons reis om Pellissier Gemeente se Godstorie dieper te ontdek, daarom is elke boodskap in vraagvorm gestel – ons is steeds besig om die pad verder te verken.
Ons nooi jou in opgewonde nederigheid om die wonder van God se krag en liefde elke dag meer en meer saam met ons te beleef.

Gemeenteraad Groete

Don't worry, be happy - Rikus Hattingh
Elke oggend as ons skool toe ry dan luister ek en die kinders na “morning breakfast” met Shandor en Margaret op OFM. Vanoggend se “traffic treffer” daag Shandor ons almal uit om met ‘n beter gesindheid te leef en speel vir ons die volgende lied: Don't worry, beeeeee happyyyyyyy!

Jy onthou die liedjie van Bobby McFerrin, dit was 'n groot treffer in 1988.

Vergewe maar die klomp Engelse woorde, dit gaan nie lekker klink in Afrikaans nie.
Daar is nie kinders van 3, 4, 5 jaar oud wat unhappy is nie, gaan kyk selfs in die townships, almal hop, skip en jump, skop klippe en lag uitbundig. Maar hoeveel jong tieners het net 10 jaar later hulle happiness verloor. What went wong? En waar is die eens vrolike dogtertjie van ‘n paar jaar terug wat op 30 haar eie lewe neem? En genade tog, het hierdie regeerders van ons land nie die vermoë om die laaste krieseltjie happiness uit ons uit te tap nie!

Is jy happy by die werk? Wat van in jou huwelik? Wat van happy met jouself? Is dit nie verskriklik hoe ouers hulle kinders se happiness verwoes deur ondraaglike druk nie? Druk in sport, druk in prestasies, druk om die beste in alles te wees! Ja jy moet presteer in sekere goed, maar binne perke. Wees eerstens happy!

Dis nie al nie, die wêreld hou 'n model voor wat vir jou ongekende vreugde en happiness belowe as jy die mooiste en maerste is, die rykste is, en die pragtigste motor en grootste huis besit.

Wat 'n klomp twak, dis waar jy die mees ongelukkige stress-bolle kry.

Nee wat, vind jou vreugde in die Here, wees dankbaar vir gratis suurstof, 'n mooi sonsondergang, 'n vreemdeling se mooi glimlag en wees sommer net happy oor klein dingetjies. En ook groot dinge, soos gesondheid, jou kinders (ja ook dié wat nie op skool presteer het nie) en jou familie en vriende. En het jy al gesien watse pragtige kleinkinders daai skoonseun of skoondogter van wie jy nie eintlik hou nie, vir jou gegee het?

Nee wat, word liewer happy oud, as ryk oud. Trek liewer ander happy mense na jou toe aan, en geniet die lewe. En maak ander happy. Help nie om elke dag om te stress nie.

Don't worry, be happy!

Groete
Rikus Hattingh

GR-Nuusflits Augustus 2024
GR Nuusflits Augustus 2024

Pellissier Gemeente fokus op die “almal”

Ons gemeente het die voorreg gehad om in Junie en in Julie vanjaar twee konferensies aan te bied; hierdie konferensies het geleenthede gebied om te luister, te gesels en te leer oor hoe om ons fokus op die bediening van “almal” in ons Godstorie meer sinvol in die praktyk toe te pas. ŉ Kort beskrywing van elke konferensie volg hier onder.

Konferensie 1: “How to stay in the Free State”

Hierdie konferensie het gegaan oor gemeenskapsprojekte in die Vrystaat, wat stories van hoop deur samewerking tussen munisipaliteite, organisasies sonder winsbejag en gemeenskappe vertel het. Betereinders, ŉ organisasie sonder winsbejag, het die konferensie in samewerking met ons gemeente en die NG Kerk Vrystaat aangebied.
Die konferensie het vanaf 08:30 tot 13:00 op ŉ yskoue Saterdagoggend op 1 Junie by ons gemeente plaasgevind. Die entoesiasme van die sprekers oor gemeenskapsprojekte in Senekal (Frans Cronjé), Kroonstad (André van Pletzen en Mpho Chakane), Harrismith (Samuel Twala), Ficksburg (Petrus Grové) en Bloemfontein (Boeta Swart) het gou die koue verdryf.

Marita Herselman van Netwerk24het die konferensie beskryf as “suksesverhale van selfdoen én saamdoen in hul gemeenskappe”. Die volledige berig kan hier gelees word: https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/aktueel/rolprentmaker-organisasie-wil-vrystaatse-dorpe-so-ophef-20240603

Charles Smith skryf oor die konferensie in die Volksblad van 7 Junie oor Vrystaatse helde wat vertel hoe hulle dorpe een ná die ander red. In sy berig haal hy André van Pletzen van Kroonstad, wie se dorp in 2022 as Kwêla se dorp van die jaar aangewys is, se volgende woorde aan: “Jy neem eienaarskap van jou dorp en kry jou burgerlike trots terug, rol jou moue op en besluit jy is die verandering wat jy wil sien”. Die skakel na die volledige berig volg: https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/aktueel/vrystaatse-helde-vertel-hoe-hulle-dorpe-een-na-die-ander-red-20240606

Sendingkonferensie 2: “ŉ Venster op God se wêreld”

Die Voeteweek is vanjaar vervang deur ŉ sendingkonferensie wat op Vrydagaand, 12 Julie en Saterdag, 13 Julie by Pellissier Gemeente deur Geopende Deure en die NG Kerk Vrystaat aangebied is.

Volgens dr Nico Mostert, direkteur van Vennote in Getuienis van die NG Kerk Vrystaat, is die tema van die konferensie, nl. “ŉ Venster op God se Wêreld” vanuit die praktyk toegelig deur “drie mense met jarelange ondervinding in die praktyk van getuienis in God se wêreld.”

Mike Burnard (konsultant van dia-Logos, ŉ wêreldwye netwerk wat met kerke saamwerk om nuwe sendingaksies te skep) het die eerste sessie aangebied, dr Stephan van der Watt van die Reformed Church in Japan (RCJ) die tweede sessie en dr Nico Mostert die derde sessie.

In die Vrypos van 16 Augustus, uitgawe 13 van jaargang 22, berig Mariëtte Odendaal veral oor dr Stephan van der Watt se interpretasie van missiologie of missio Dei – God se sending. Die volledige berig is beskikbaar op die volgende skakel: https://www.ngkerkvrystaat.co.za/sendingkonferensie-n-venster-op-god-se-wereld-2/

Volgens dr Van der Watt was die kernbelydenis van die vroeë kerk “Jesus is Here”. Nadat hy die geskiedenis van Shintoïsme (die Weg van die Gode) as oorheersende geloof in Japan verduidelik het, maak die volgende vraag in Japan sin: “Wie is jóú Here? Die keiser of Christus?” So ook, maak dr Van der Watt se verduideliking van die RCJ se vredesverklaring wat aan die Japanse regering uitgereik is, sin. “Dit het alles te make met die missio Dei; dis God se vrede. Dis die geregtigheid van God wat moet seëvier. Ons is as sy bedienaars van vrede en versoening geroep.”

Uitnodiging om deel te neem aan ons Pellissier ShopDay

Ons nooi almal hartlik uit om behoeftige mense van die Pellissier gemeenskap op Saterdag, 31 Augustus tydens ons gemeente se Pellissier ShopDay met kos, klere en die Woord te bedien; ons is in die bevoorregte posisie om ook hier, in ons eie agterplaas, as Christus se bedienaars van vrede en versoening op te tree.

Gemeenteraad

Het jy al gewonder? - Rikus Hattingh
Het jy al gewonder?

Het jy al gewonder of die Here 'n doel het met jou op aarde? Of hoekom jy ooit gebore is? En wat dit gekos het om jou nou, hier aan die lewe te kry? Ons dink so dikwels dat ons almal ouers het en hulle moes natuurlik aan jou geboorte skenk.

Jy het sekerlik al hierdie prentjie gesien wat nou so gewild is op sosiale media. Hoe meer ek hieraan dink, hoe meer tref dit my dat ek nie net 'n ongeluk is wat in 1980 gebeur het nie.

Die Hattingh stamvader het in 1662 in Suid-Afrika aangekom (Hans Hendrik Hattingh – dis dan ook waar die Hendrikus in my naam na vore kom), en sedertdien moes bykans 4000 mense leef en oorleef het, tot op 'n punt waar hulle kinders gekry het. Baie van hulle moes dikwels bitter swaarkry oorleef, sommige het dalk die dood in die oë gestaar, en dit dikwels net net vrygespring. Die meeste het in God geglo en hulle hoop op Hom gesit, die meeste het by tye gesukkel om sy stem te hoor, vele van hulle het dalk by tye diep getwyfel of Hy hulle gebede hoor. Daar was egskeidings, alleen-ouers en vele het by die geboorte van 'n kind amper die baba verloor.

Maar daardie bykans 4000 mense moes ELKEEN oorleef het en die volgende baba grootmaak. Indien net EEN ENKELE een van daardie 4000 nie oorleef nie, was jy nie vandag hier nie. Elke een se bloed vloei in jou are, en elke een se bloed vloei in jou kinders en jou nageslag se are.

Die Here was intens lief vir elke een. Hy het 'n plan met elke een se lewe gehad, soveel so dat die Here jou SO waardig geag het, dat Hy almal (elke een) beskerm het sodat jy gebore kon word.

As dít jou nie spesiaal laat voel nie, sal niks dit regkry nie. Jy is jy omdat God jou NOU hier wou hê. Hy het 'n plan met jou, al glo jy dit nie eers nie. Hy is jou Here al glo jy dit dalk nie. Hy wil jou by Hom in die hemel hê, of jy dit glo of nie. Hy wil (en kan) jou nou gebruik, al glo jy dit nie.

Vier duisend mense in vier honderd jaar was nodig sodat die Here jóú kon skep. En jy is die kroon van sy Skepping.

Groete
Rikus Hattingh

DRAMATIES 2024 - Behind the scenes... - Charles James
Wat ’n voorreg om te beleef hoe ongeveer 60 tieners hierdie amazing produksie kon beplan en uitvoer. Dankie aan Francois Lamprecht en jou span!

Maar die rede waarom ek vandag skryf, is om hulde te bring aan die ongeveer 40 tieners wat agter skerms werk om hierdie “toneel-preek” aan ‘n groot aantal mense te bring. Dekor bou en verf, klank, beligting, kamerawerk, sop en popcorn bedien, verwelkoming by die deure...

Dit herinner my aan een van Jesus se dissipel wat altyd in die agtergrond was, maar sy talent was onontbeerlik in God se koninkryk.

In die kerk van die Heilige Appolonaris Nuovo in die Italiaanse stad Ravenna is daar ‘n goed bewaarde mosaiek afbeelding uit die 6de eeu na Christus. Petrus en Andreas word op ‘n bootjie in die see van Galilea uitgebeeld. Petrus in die middel, hy vang die vis. Andreas sit agter en roei dat hy skeeflê.
En so was dit dwarsdeur hulle lewe:
Petrus het voorgeloop – Andreas het gevolg.
Van Petrus lees ons bladsye vol in die Nuwe Testament.
Van Andreas word slegs 13 keer melding gemaak – en 6 van die 13 keer word hy maar net “die broer van Petrus” genoem!

Andreas – die eerste dissipel wat Jesus gevolg het – en tog word hy in geen lys van die 12 dissipels eerste genoem nie. Petrus is altyd eerste en Andreas tweede! Tog het Andreas ‘n baie besonderse talent gehad, ‘n talent wat onontbeerlik is in God se koninkryk, ‘n talent wat hy voluit gebruik het. Hy het mense na Jesus gebring – eers sy broer Petrus, toe die seuntjie met die 5 brode en 2 vissies, en dan bring hy ‘n groep vreemdelinge (Grieke) na Jesus.

Vandag eer ons elkeen wat agter die skerms werk, wie buite die kollig bedien. Julle is baie spesiaal en onontbeerlik in God se koninkryk!

Groete,
Charles James

Olimpiese ontsteltenis - Francois Lamprecht
Die ontsteltenis...met die opening van die Olimpiese spele het ‘n paar “drag-queens” ‘n toneel uitgebeeld wat herinner aan Leonardo da Vinci se laaste maaltyd skildery van Jesus en die dissipels.

Briewe word geskryf, koppe moet rol, ons moet kwaad wees. Dit is nie lekker om te sien dat iemand die spot dryf met Christenskap of met Jesus nie, dit ontstel my ook. Maar net voordat ek ontsteld een van die duisende posts share om Jesus te verdedig lees ek hierdie:

“As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle.”

Johannes 15:18-19

Hierdie wêreld is nie ons huis nie. Ons is nie veronderstel om verras te wees wanneer die wêreld optree soos die wêreld nie. Inteendeel, dit help my onthou waar ek is en wie ek is. Die werk van Christene en kerke is nie om die wêreld te dwing om meer gemaklik vir ons te wees nie, dis om ‘n getuienis te wees oor wie Jesus is.

Ek kyk weer na die betrokke beeld in die opening seremonie. Ek wonder hoe vergelyk die skade wat daardie beeld aan Christenskap doen met die skade wat Christene se getuienis vandag gaan doen. Elke een van ons wat vandag onbeskof, ongeduldig, opvlieënd of oneerlik is vermoed ek doen meer skade as wat al Parys se “drag-queens” in ‘n jaar kan doen.

Is wat hulle doen reg? Nee. Ek mag maar so sê ook. Maar my energie gaan ek nie daaraan spandeer nie. As ek iets wil doen kan ek Jesus se raad volg en bid vir hulle. Nie dat hulle hul werk verloor of hulle verdiende loon kry nie, maar dat hulle Jesus en sy wonderlike liefde sal leer ken.

Verder as dit moet die wêreld doen wat hulle moet doen, maar dis my werk as volgeling van Jesus om ‘n goue medalje in getuienis te verkry.

Blessings, Francois Lamprecht

Verskil tussen kla en ‘n verskil maak…. - Deon Langenhoven
Ek lees en luister graag na artikels oor hoe ons brein funksioneer en hoe om positief te leef.
Ken jy iemand wat altyd positief is en nooit kla nie? Sulke mense is nogal skaars en staan letterlik uit!

Ek luister nou onlangs na ‘n praaitjie juis oor dit. Hoe onderskei ek tussen ‘n situasie wat ek eerder moet laat staan as om daaroor te “kla” en wanneer moet ek wel iets sê of doen?

‘n Manier om daarna te kyk is om jouself die vraag te vra: “Het ek ‘n voorstel of twee vir moontlike oplossings, of kla ek net ter wille van kla”?

Om elke dag bv oor die weer te kla het geen doel nie, dit gaan geensins die weer verander nie! Inteendeel dit maak net myself en ander om my negatief!

En ja, kla raak letterlik ‘n gewoonte…. dit is soos om ‘n spesifieke spier gereeld te oefen, dit gaan net sterker en sterker raak!

Die goeie nuus is ook dat as ek fokus om die mooi en dit wat reg loop raak te sien, gaan ek meer daarvan begin raaksien! Vier bv die groen robotte as om bv elke keer gefrustreerd te raak by ‘n rooi robot!

Mag jou nuwe week ‘n positiewe een wees!

NS: Hier is “Ons Godstorie” waaroor ons tans dink as gemeente, vir jou gebruik:

"Pellissier Gemeente bedien omgee al kos dit ons, sodat almal God kan beleef op maniere wat ons laat groei".

Groetnis
Deon Langenhoven

Fokus op dit wat regtig belangrik is - Rikus Hattingh
Nee kyk… Ek is skoon moedeloos as ek op my sosiale media kyk. Elke tweede “post” wat opkom gaan daaroor dat ek net moet glo en alles gaan uitwerk soos dit moet. Herinner net weer vir God aan Sy beloftes en Hy gaan jou seën… So kan ek die een voorbeeld na die ander noem. Ek wil egter gou vir jou vertel wat daar wel in die Bybel staan:

As jy glo dat slegte goed nie met Christene gebeur nie, moes die Here absoluut geen gevoel gehad het vir Johannes die Doper nie, want sy kop is sinneloos afgekap. (Matt. 14)

As jy glo dat Ps 91 bedoel dat geen onaangename dinge soos dood, siekte of ontydige goed jou sal tref nie, moes die Here vir Paulus gehaat het. Want hy het skipbreuk gely, honger gaan slaap, hy was vele kere aangerand oor sy geloof, en selfs in die tronk gegooi, onskuldig. (2 Kor.11)

As jy glo dat die mensdom jou sal vereer en jou geensins bedreig nie omdat jy die Here aan jou kant het, moes Stefanus baie laag op die Here se liefdes lysie gewees het, want hy is juis daarom met klippe doodgegooi. (Hand. 7)

As jy glo dat jy ryk moet wees omdat jy 'n Christen is, moet jy weer die verhaal gaan lees oor Lasarus en die ryk man. (Luk. 16)

As jy dink dat jou finansies en goeie dade vir jou 'n spesiale plekkie in die hemel gaan besorg, moet jy weer die verhaal gaan lees oor die ryk jongman wie se rykdom in sy pad gestaan het om die ewige lewe te verkry. (Luk. 18)

Wees baie versigtig vir predikers (en sosiale media “posts”) wat vir jou die son maan en sterre beloof in ruil vir jou geld.

Wees versigtig vir mense wat hulleself as profete voordoen en voorspoed beloof, in besonder as hulle vir jou sê om die Here te herinner aan sy beloftes.

Dien die Here in afhanklikheid en vertrou dat Hy vir jou sal sorg, maar oppas dat jy nie sekere tekste totaal buite konteks aanhaal en misbruik nie. (Mat. 7 wat sê Vra en julle sal ontvang...)

Voorspoed teologie is al dikwels vergelyk met 'n piramide skema.
Kom ons fokus op dit wat regtig belangrik is soos liefde vir jou naaste. Spandeer eerder jou tyd saam met jou mense as om al hierdie nonsense op sosiale media te lees.

Groete
Rikus

NB: Onthou asb ons nuwe reeks skop af Sondag 21 Julie. Indien jy dalk by ‘n omgeegroep wil inskakel, kontak asb vir Charles.

Daar is nog so 4 vierballe beskikbaar vir die gholfdag die 22ste Augustus.

Alfa en Omega - Deon Langenhoven
Alfa en Omega

Ons nader die einde van ons reeks oor Openbaring.

Jesus verwys drie keer in Openbaring na Homself as die “Alfa en die Omega”.

Dit is ‘n kosbare beskrywing van Homself met geweldig baie betekenis daaraan verbonde, waarvan ek vermoed ons eintlik baie min verstaan….

Die gedagte het in hierdie tyd by my opgekom dat ek meer daarop moet fokus dat Hy ook my “Alfa en Omega”, of dan my begin en einde is en elke dag van my lewe moet wees!

Wanneer ek opstaan en vanoggend die pragtige wit sneeu-kombers op my grasperk sien, of die reënboog in die lig, wil ek aan Hom die eer bring as die Alfa en Omega, ook die Skepper van die wonderlik mooi land waarin ons woon!

Ja, soos my dag vorder en ek dalk moeilike gesprekke moet voer, besluite moet neem, of dalk by ‘n siekbed staan, kan ek weet Hy is ook my “Alfa en Omega”, wat altyd daar is en by my is en ek kan Hom nader vir hulp en wysheid.

Kom ons hou vas aan hierdie kosbare wete, van die begin tot die einde van hierdie week, tot aan die einde van ons aardse lewe.

Kyk mooi na jouself in hierdie week en wees goed vir iemand wat jy dalk nie eers ken nie in hierdie baie koue tyd!

Deon Langenhoven

Groei - Rikus Hattingh
Groei

Gisteroggend in die kerk het daar net hierdie gevoel van dankbaarheid oor my gekom. Ek is so opgewonde oor die nuwe seisoen in Pellissier. Op die skerm in die kerk het die volgende woorde verskyn: “Ons gaan bou”. Ons wag al ‘n hele paar jaar vir hierdie woorde. Dit was ons droom was het begin realiseer.

Die woorde van Prediker het egter dadelik in my gedagtes opgekom.
Daar is ... 'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou ... Prediker 3:2a,3b 1983-vertaling. Dit is tyd vir ons as gemeente om te bou. Wat ek egter besef het is dat ons nie net fisies moet bou nie, maar ook geestelik.

Verandering is noodsaaklik waar daar gesonde groei plaasvind. Groei het altyd die twee kante – aan die een kant is daar die losmaak van wat agter is, en dan die uitreik na wat beter is. Dit is ook wat met ons geestelike lewe gebeur in die proses waar die Heilige Gees ons heilig maak. Die Bybel praat van die afsterwe van die ou mens, en die opstanding van die nuwe mens in my. (Efesiërs 4:17-24 is een so 'n voorbeeld.)

Vir ons as gemeente om te bou moet ons ongelukkig ook sekere goed afbreek. Ook in my geestelike lewe is daar goed wat afgebreek moet word voor ek kan bou. Wat moet afgebreek word? Alles wat uitgedien is in my lewe. Dit wat nie meer goed is vir my, of vir die mense rondom my nie. Ons almal het maniere van dink wat nie goed vir ons is nie. Ons het dalk gewoontes wat skadelik vir ons, ons medemens of die omgewing rondom ons is. Praat jy dalk op maniere wat afbrekend is, en negatief oorkom na die mense in jou lewe toe? Hierdie dinge vra dat ons daagliks met ons Here in ons binnekamer gaan tyd spandeer. Dit vra dat ons toelaat dat die Gees van God vir ons wys watter woorde, dade, gesindhede nie meer by ons pas nie. Breek dit af met die hulp van die Here! Jy kan verander, met die krag wat God verleen.

Ons weet egter dat dit wat ons breek spasie maak vir iets mooi en nuut. Die Heilige Gees bou ons lewens op, dat ons daagliks meer en meer die beeld van Jesus vertoon. (2 Korintiërs 3:18) Hy leer ons om op nuwe maniere te dink. Ons rig ons gedagtes op die dinge daarbo, waar Christus is (Kolossense 3:2). Nuwe gedagtes lei tot nuwe woorde, ons begin opbouend praat, ons woorde is aangenaam vir die hoorders daarvan (Spreuke 16:24). Nuwe gedagtes en nuwe woorde lei tot nuwe dade wat God verheerlik. So bou ons, met die hulp van die Heilige Gees, 'n nuwe lewe op wat Hom eer.

Groete
Rikus

Onthou asb ons hou Sondag nagmaal. Dit is deel van ons kinders se kategese. Ons gaan die diens ook so inrig dat ons kinders presies verstaan waaroor die nagmaal gaan. Daar sal ‘n naamlys by die deure wees waar jy net jou kind se naam en van gee dat ons hulle asb kan afmerk.

Al ons kleurkabouter maats het poppekas Sondag onder in die keldersaal.

Na die 2de diens gaan ons as gemeente baie lekker saam braai. Bring jou vleis en kom geniet die dag saam met ons.

Dit wat jy waardeer… - Francois Lamprecht
Dit wat jy waardeer…

Waardes. Waardering. Waardevol.

Drie woorde. Klink na mekaar en daar is meer as net ‘n terloopse skakel tussen hulle.
In watse tipe kultuur het jy grootgeword? En jou kind? Ek sê eendag by ‘n skool opening die volgende: jou kind word nie groot in Suid- Afrika nie. Jou kind word groot in die wêreld wat jy vir hulle skep. ‘n Kind van 6 jaar ken nie die kultuur van die land, die leidende (of lydende) party nie, hulle ken net die kultuur wat jy in jou huis skep.

Jy het geweet wat in jou ouer huis belangrik was. Nie die dinge wat ma en pa gesê het belangrik was nie...die dinge wat regtig belangrik was. Hoe het jy die verskil geken? Maklik: wat was vir hulle waardevol? Wat het hulle gevier, “gecelebrate”?

Ons spreek waardering uit vir die dinge wat regtig waardevol is vir ons. Jou ouers kon dalk gesê het dat kerk en stiltetyd belangrik was, maar het hulle dit gevier? Soos hulle dit gevier het wanneer jy iets bereik het in ‘n sport? As my geloofslewe nie gevier word nie, maar die drie wat ek Saterdag gedruk het wen vir my ‘n Spur ete, wanneer niemand praat oor die stilte tyd wat ek getrou hou elke dag nie, maar almal word vertel van die punt wat ek in Engels gekry het dan is die boodskap duidelik: die een is waardevol, die ander nie.
Een van die groot maniere waarop ons kultuur skep is deur wat ons vier, waarvoor ons waardering uitspreek.

Wat jy “celebrate” is die goed waarvoor jy waardering het.

Waarvoor jy waardering het is wat waardevol is.

Wat vir jou waardevol is word jou en jou kinders se waardes.

Dit vra van my om baie doelbewus te dink wat ek wil celebrate in my eie en my eggenoot en my kinders se lewe. Doen moeite om groot viering te maak van dit wat groot waarde het. Beplan dit doelbewus. So skep ek ‘n kultuur in my huis en my lewe wat waarde heg aan die regte waardes.

Francois Lamprecht